Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Oor ons Hoof - Ada Stander

 

Ek matrikuleer aan die Hoërskool Lydenburg in 1980 waarna ek my onderwysopleiding voltooi in 1984 aan die Onderwys Kollege Pretoria.

 

In 1985 aanvaar ek my eerste onderwyspos aan die Laerskool Lydenburg en is ek ook 'n inwonende personeellid by die Laerskool koshuis.

 

Ek tree in die huwelik in 1986 en verhuis na Bloemfontein. In 1989 vestig ons ons in Nelspruit as pastoriepaar by die NG Kerk Nelspruit. Uit die huwelik is twee kinders gebore, 'n dogter Ada en seun Jean.

 

Ek begin in 1995 as kleuterskoolonderwyser by Kabouterland Kleuterskool in Nelspruit waarna ek in 2000 aangestel is as Grondslagfase onderwyseres by Laerskool Koraalsig.

 

In 2009 aanvaar ek die hoofpos by Cecilia van Wijk Kleuterskool en is ook Graad R onderwyseres.

 

Met groot vreugde word ek aangestel as hoof by Klopkloppie Kleuterskool in Maart 2012.

 

Dit is goed om weer tuis te wees en 'n voorreg om steeds te deel in die opvoeding van ons kleuters!