Welkom by Klopkloppie Kleuterskool. U kleuter is vir ons kosbaar, en 'n gesonde stabiele omgewing vir hulle is vir ons belangrik. Kinders is ons toekoms,ons invloed en insette hul bou materiaal. Ons personeel beoog om elke dag hard te werk om vir hul die beste voorsprong denkbaar te gee. Saam met U as ouers wil ons hul toekoms plavei deur emosionele, fisiese, sosiale en kognitiewe stimulasie, ontwikkeling en opvoeding. Ons nooi U om by die Klopkloppie familie aan te sluit en 'n lang pad vorentoe saam met ons te stap!
|
- Die medium van ons skool is Afrikaans, maar ander kleuters sal sovêr moontlik geakkommodeer word.
- Die aanleer van Christelike norme is die uitgangspunt van hierdie skool
- Kleuters tussen 3 maande en 6 jaar word verwelkom(Die jaar waarin die kleuter 7 word is hul skoolpligtend) afhangende van beskikbare plek in die bepaalde ouderdomsgroep.